Isaiah 57:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy roep, laat jou menigtes jou red; maar die wind sal hulle almal wegvoer; maar hy wat op My vertrou, sal die land in besit neem en my heilige berg beërwe; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy roep om hulp, mag jou klomp afgode jou red! Maar ’n wind sal hulle wegwaai en hulle omstamp. Wie egter tot My sy toevlug neem, sal die hele land erf en my heilige berg besit.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op, 'n luggie neem hulle weg. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem. |
| Afrikaans 1983 | As jy om hulp roep, moet jou spul gode jou kom red, maar 'n wind waai hulle almal weg, 'n yl luggie vat hulle weg. Maar wie by My skuil, sal die land besit en my heilige berg as eiendom ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer jy om hulp roep, moet jou klomp afgode jou maar red! Hulle almal – die wind sal hulle oplig, 'n luggie sal hulle wegwaai. Maar wie by My skuil, sal die land as erfdeel ontvang en my heilige berg in besit neem. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is julle klomp gode wat julle moet red wanneer dit sleg gaan met julle, maar hulle almal beteken niks, 'n sagte windjie waai hulle weg. Die mense wat wil hê Ek moet hulle beskerm, sal die land kry, en hulle sal op my gewyde berg kom woon.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink julle julle klomp afgode gaan julle kom red as julle roep dat iemand julle tog moet kom help? As daar net ’n luggie roer, sal dit julle wegwaai. Hulle wat by My hulp kom soek, kan vir altyd in die land kom bly. Hulle sal na my woonplek toe kan kom om tot My te bid. |