Isaiah 57:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vir wie was jy bevrees of gevrees, dat jy gelieg het en aan my nie gedink en dit nie ter harte geneem het nie? het ek nie van ouds geswyg nie, en jy vrees my nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoekom was jy banger vir hulle as vir My? Hoekom onthou jy My nie meer nie en dink jy nie meer aan My nie? Is dit omdat Ek lank stilgebly het, dat jy My nie meer dien nie?
Afrikaans 1933/1953 Maar vir wie was jy bedug en bevrees? -- want jy het 'n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?
Afrikaans 1983 Vir wie was jy so bang en bevrees dat jy vals geword het? Jy dink nie meer aan My nie, jy steur jou nie meer aan My nie. Ek het lank geswyg toe jy My nie meer gedien het nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Vir wie was jy bevrees en het jy ontsag gekoester, dat jy telkens lieg, en nie aan My gedink het nie, My nie ernstig opgeneem het nie? Is dit omdat Ek stilgebly het, en dit vir 'n lang tyd? Vir My het jy nie ontsag gehad nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vir wie was julle bang? Hoekom het julle aangehou om vir My te lieg? Hoekom dink julle nie meer aan My nie? Hoekom is julle nie bang vir My nie? Is dit omdat Ek so lank stilgebly het?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Watter gode het julle so bang en beangs gemaak dat julle vir My gelieg het? Waarom het julle skoon van My vergeet? Waarom het julle My uit julle gedagtes laat gaan? Was dit omdat Ek so lank maar net stilgebly het dat julle opgehou het om respek vir My te hê?