Isaiah 57:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U is moeg in die grootheid van u weg; maar jy het nie gesê: Daar is geen hoop nie; jy het die lewe van jou hand gevind; daarom was jy nie bedroef nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het moeg geword van jou soektog, maar jy het nooit erken: ‘Dit is sinloos!’ nie. Jy het jouself weer versterk, en dan maar net aangegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy het moeg geword deur jou groot reis; tog het jy nie gesê: Dit is tevergeefs nie! Vernuwing van jou krag het jy gevind; daarom het jy nie uitgeput geraak nie. |
| Afrikaans 1983 | Jou soekery het jou moeg gemaak; tog het jy nie gesê: “Dit is sinloos!” nie. Jou wellus het jou aanhou oorweldig, daarom het jy nie opgehou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van jou baie reise het jy moeg geword, maar jy het nie gesê, ‘Dit is tevergeefs’ nie. Lewenskrag het jy gevind; daarom het jy nie swak geword nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het so baie gesoek dat julle moeg geword het, maar julle het nie opgehou nie. Julle was altyd lus vir nog afgode, daarom het julle aangehou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle word moeg van die soekery, maar julle dink nie daaraan om op te hou nie. Julle begeerte dryf julle om nooit op te hou soek nie. |