Isaiah 57:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die regverdige gaan om, en niemand neem dit ter harte nie; en barmhartige mense word weggeneem, sonder dat die regverdige weggeneem word van die toekomstige onheil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die regverdige gaan dood en niemand neem dit ter harte nie. Die getroues kom om voor hulle tyd. En niemand verstaan dat regverdiges sterf om aan boosheid te ontkom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid. |
| Afrikaans 1983 | Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; dié wat aan die verbond getrou is, sterf sonder dat iemand begryp dat dit deur die boosheid in die wêreld is dat die regverdiges sterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die regverdige gaan ten gronde, maar niemand neem dit ter harte nie. Getroue mense sterf, en daar is niemand wat insien dat dit as gevolg van onheil is dat die regverdige sterf nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat doen wat die Here wil hê, sterf. Dit is slegte mense wat hulle laat sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man wat reg gelewe het, gaan sommer net so dood. Niemand steur hulle daaraan nie. Mense wat getrou aan die Here was, sterf. Niemand verstaan waarom hulle doodgaan nie. Maar so word die regverdige gespaar van verdere ellende in die wêreld. |