Isaiah 56:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE HERE, wat die verstoottes van Israel bymekaarmaak, sê: Tog sal Ek ander by hom versamel, behalwe die wat by hom versamel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oppermagtige Here, wat die ballinge van Israel terugbring, sê: “Benewens my volk Israel bring Ek ook ander huis toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Here HERE wat versamel diegene wat van Israel verdryf is, spreek: Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes. |
| Afrikaans 1983 | Die Here my God wat die verstrooides van Israel bymekaarmaak, sê: Ek sal nog ander byvoeg by dié wat reeds bymekaargemaak is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die uitspraak van my Heer, die Here, Hy wat die verstrooides van Israel byeenbring, is: “Ek sal by Israel nog meer byeenbring as wat reeds by hom byeengebring is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is wat die Here gesê het, Hy wat Here is. Vyande het die Israeliete weggejaag uit hulle land, maar die Here sal die Israeliete bymekaarmaak en Hy sal nog meer mense saam met hulle bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My Here, wat hulle wat weggevoer is, weer bymekaarmaak en terugbring, sê: Daar is ook nog ander wat Ek saam met Israel sal laat bymekaarkom. |