Isaiah 56:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs hulle sal Ek bring na my heilige berg en hulle juig in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal 'n huis van gebed genoem word vir al die mense.
Afrikaans (NLV) 2011 Ook húlle bring Ek na my heilige berg en gee hulle vreugde in my huis van gebed. Hulle brandoffers en ander offers sal Ek aanvaar, want my tempel sal ’n huis van gebed genoem word vir al die nasies.”
Afrikaans 1933/1953 hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal 'n huis van gebed genoem word vir al die volke.
Afrikaans 1983 na my heilige berg toe bring. Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed, hulle brandoffers, hulle offers op my altaar sal vir My aanneemlik wees, want my tempel sal uitgeroep word tot 'n huis van gebed vir al die volke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) hulle sal Ek na my heilige berg bring; en Ek sal hulle vreugde laat ervaar in my huis van gebed. Hulle •brandoffers en •maaltydoffers sal aanvaarbaar wees op my altaar. Ja, my huis sal genoem word 'n huis van gebed vir al die volke. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hom bly maak wanneer hy in my huis tot My kom bid. Ek sal met genoeë die diere aanvaar wat hy vir My slag en die offers wat hy op my altaar vir My bring. My huis sal ’n huis genoem word waar die nasies tot die Here kom bid.