Isaiah 56:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs aan hulle sal Ek in my huis en binne my mure 'n plek en 'n naam gee wat beter is as van seuns en dogters; Ek sal hulle 'n ewige naam gee, wat nie uitgeroei sal word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 vir hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure ’n gedenkteken oprig, en ’n erenaam gee wat beter is as dié van seuns en dogters. Ek sal aan hulle ’n blywende naam gee, wat nooit uitgewis sal word nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure 'n gedenkteken en 'n naam gee wat beter is as seuns en dogters; 'n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.
Afrikaans 1983 aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure 'n teken gee, 'n erenaam wat beter is as seuns en dogters. Ek sal aan sulke mense 'n naam gee wat nie uitgewis sal word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal vir hulle iets gee wat beter is as seuns en dogters: In my •tempel en teen my mure sal Ek hulle gedenk met 'n teken en 'n naam. 'n Ewige naam sal Ek aan hulle gee wat nie uitgewis sal word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal Ek hulle name opskryf in my tempel sodat almal dit altyd sal onthou. Hulle name in die tempel sal vir hulle belangriker wees as seuns en dogters. Hulle name sal altyd daar wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***