Isaiah 56:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE aan die eunugs wat my sabbatte onderhou en kies wat My welgevallig is, en aan my verbond vashou; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want so sê die Here: “Aan die ontmandes wat my Sabbat onderhou en kies om te doen wat My behaag, en lewe volgens my verbond, |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond: |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Aan die ontmandes wat my sabbatte onderhou, wat kies vir wat Ek wil, en wat lewe volgens my verbond, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want so sê Ek, die Here, vir die eunugs, vir dié wat wel my Sabbatte onderhou, wat dit kies waarin Ek vreugde vind, en wat vashou aan my verbond: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want die Here sê: ‘Die mense wat ontman is, moet aanhou om my Sabbatdag te vier en om te doen wat Ek wil hê. Hulle moet aanhou lewe soos Ek gesê het toe Ek met die Israeliete 'n verbond gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [4-5] Vir die ontmandes sê die Here: As hulle op die sewende dag maak soos Ek van hulle vra en by my ooreenkoms met hulle bly, sal Ek hulle ’n erenaam gee in my tempel. Dit sal ’n naam wees wat selfs beter is as kinders. Hulle sal ’n naam kry wat vir altyd onthou sal word. |