Isaiah 56:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat die seun van die vreemdeling wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE het my heeltemal van sy volk afgesonder nie; en laat die hofdienaar nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “’n Uitlander wat deel geword het van die volk van die Here moenie dink: ‘Die Here sal my sekerlik uitsluit van sy volk!’ nie. ’n Ontmande moenie dink: ‘Ek is maar ’n droë boom!’ nie.”
Afrikaans 1933/1953 En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie.
Afrikaans 1983 'n Nie-Israeliet wat by die volk van die Here aangesluit het, moenie dink: die Here sal my van sy volk afsny nie. 'n Ontmande moenie van homself dink: ek is maar 'n droë boom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nakomeling van 'n vreemde wat hom aan die Here verbind het, mag nie sê, ‘Die Here sal my beslis van sy volk afskei’ nie. 'n Eunug moet nie sê, ‘Kyk, ek is 'n droë boom’ nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is mense wat nie Israeliete is nie, en wat My kom dien. Hulle sê: ‘Die Here wil nie hê ons moet aan sy volk behoort nie.’ En daar is mans wat ontman is. Hulle sê: ‘Ek is soos 'n droë boom wat nie vrugte kan dra nie.’ Hulle moenie so dink nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat van ’n ander volk kom, moet nooit dink die Here is nie bereid om hom in sy volk op te neem nie. Iemand wat sy manlikheid verloor het, hoef nie te dink dat hy onaanvaarbaar is omdat hy nie kinders kan hê nie.