Isaiah 56:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, hulle is gulsige honde wat nooit genoeg kan hê nie, en hulle is herders wat nie kan verstaan nie; hulle kyk almal na hul eie pad, elkeen vir sy wins, uit sy omgewing.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is so gulsig soos honde wat nooit genoeg kry nie. Hulle is dwase herders. Elkeen loop op sy eie paadjie en elkeen sorg net vir homself.
Afrikaans 1933/1953 En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.
Afrikaans 1983 Hulle is gulsige honde, hulle ken nie so iets soos genoeg kry nie. Hulle is herders sonder insig, hulle slaan elkeen sy eie koers in, elkeen is op sy eie voordeel uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die honde is vraatsugtig, hulle ken nie versadiging nie. Hulle is die herders! Hulle kan nie verstaan nie. Hulle is almal gerig op hulle eie pad, elkeen op sy eie voordeel, sonder uitsondering.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle is soos honde wat altyd honger is en nooit genoeg kos kry om te eet nie. Of, hulle is soos skaapwagters wat nie weet hoe om hulle werk te doen nie. Elkeen doen wat hy wil en hy sorg net vir homself.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is soos gulsige honde wat nooit genoeg kry om te eet nie. Hulle is soos mense wat skape oppas, maar nie weet waarheen om met hulle te gaan nie. Elkeen volg net sy eie kop. Hy soek net na wat vir hom goed is.