Isaiah 56:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy wagte is blind: hulle is almal onkundig, hulle is almal stomme honde, hulle kan nie blaf nie; slaap, lê, lief om te sluimer.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel se wagte is almal blind en weet niks. Hulle is soos honde wat nie kan grom of blaf wanneer gevaar aankom nie. Hulle hou net daarvan om rond te lê, te droom en te slaap.
Afrikaans 1933/1953 Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.
Afrikaans 1983 Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind, hulle weet niks nie. Hulle is almal stom honde, hulle kan nie blaf nie; hulle lê net, hulle wil net slaap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel se wagte is almal blind, hulle neem niks waar nie. Hulle is almal stom honde, hulle kan nie blaf nie; hulle lê daar en maak geluide, hou daarvan om te sluimer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers wat die volk moet oppas, is soos honde wat niks sien nie en niks hoor nie, hulle wil net lê en slaap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers wat na my volk moes kyk, is almal blind. Hulle weet nie wat aangaan nie. Hulle is soos waghonde wat nie kan blaf nie. Hulle lê net heeltyd en slaap.