Isaiah 55:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat die goddelose sy weg verlaat en die onregverdige sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, en Hy sal hom genadig wees; en aan onse God, want Hy sal menigvuldig vergewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!
Afrikaans 1933/1953 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
Afrikaans 1983 Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die goddelose moet van sy pad afsien, en die boosdoener van sy planne. Hy moet na die Here terugkeer, sodat Hy hom genadig kan wees, en na sy God, want Hy vergeef oorvloediglik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat verkeerd doen, die mense wat slegte planne het, moet ophou. Hulle moet hulle planne los, en hulle moet terugkom na die Here, na ons God, want die Here is genadig, Hy vergewe altyd weer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die goddelose moet die verkeerde manier waarop hy lewe, laat staan. Die sondaar moet afsien van sy verkeerde gedagtes. Hy moet na die Here toe terugkom. Die Here sal hom graag terugontvang. Hy moet na ons God toe kom. Ons God sal hom alles vergewe.