Isaiah 55:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, jy sal 'n nasie roep wat jy nie ken nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die HERE jou God en vir die Heilige van Israel; want Hy het U verheerlik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal oor nasies regeer wat jy nie geken het nie. Nasies wat jou nie ken nie sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, wat jou vereer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die HERE jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het. |
| Afrikaans 1983 | Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, jy sal 'n nasie roep wat jy nie ken nie; en 'n nasie wat jou nie ken nie, sal na jou toe hardloop, ter wille van die Here, jou God, ter wille van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En kyk, julle sal 'n volk roep wat julle nie ken nie, 'n volk wat julle nie ken nie, sal na julle toe hardloop. Want Ek is julle God die Here, die Heilige God van Israel, en Ek gee weer eer vir julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sal ook nasies beveel om na julle toe te kom, al het julle hulle nie voorheen geken nie. Nasies wat vroeër nie eers van julle geweet het nie, sal na julle toe aangehardloop kom. Hulle sal dit doen ter wille van die Here julle God. Hulle sal kom ter wille van die hoë God van Israel wat aan julle eer bewys het. |