Isaiah 55:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Neig jou oor en kom na My toe; luister, en jou siel sal lewe; en Ek sal 'n ewige verbond met jou sluit, die vaste ontferminge van Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister tog, kom na My toe. Luister na My dat julle kan lewe. Ek is gereed om ’n ewige verbond te sluit. Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos Ek aan Dawid belowe het.
Afrikaans 1933/1953 Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
Afrikaans 1983 Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak julle ore oop en kom na My toe; luister, sodat julle kan leef! Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, getrou aan die bestendige liefde vir Dawid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister en kom na My toe, luister sodat julle kan lewe. Ja, Ek wil 'n verbond maak met julle, 'n verbond wat vir altyd sal wees. Ek wil aanhou lief wees vir julle soos Ek lief was vir Dawid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Spits julle ore en kom na My toe. Luister mooi dat julle kan lewe. Ek wil met julle ’n vaste ooreenkoms sluit. Ek wil vir julle alles gee wat Ek vir Dawid belowe het.