Isaiah 55:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom gee julle geld uit vir wat nie brood is nie? en julle arbeid vir wat nie versadig is nie? Luister ywerig na My en eet wat goed is, en laat julle siel hom verlustig in vettigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoekom spandeer julle julle geld op dit wat nie brood is nie? Hoekom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister mooi na My, dan sal julle eet wat goed is, en versadig kan word met die beste wat te kry is!
Afrikaans 1933/1953 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.
Afrikaans 1983 Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom weeg julle silwer af vir wat nie brood is nie, en bestee julle moeitevolle arbeid aan wat nie versadig nie? As julle aandagtig na My luister, sal julle eet wat goed is, sal julle julle aan ryk kos verlustig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom betaal julle vir iets wat nie regtig kos is nie? Hoekom werk julle vir iets wat julle nie volmaak nie? Julle moet goed na my luister sodat julle iets kan eet wat goed is, sodat julle lekker kan eet van die beste kos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waarom betaal julle vir iets wat julle nie krag kan gee nie? Waarom span julle julleself in vir iets wat julle nie versadig kan maak nie? Luister baie goed na My sodat julle iets kan inkry wat goed is vir julle. Luister na wat Ek sê sodat julle voedsame kos kan inkry.