Isaiah 55:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die plek van 'n doring sal 'n sipres opkom, en in die plek van 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees as 'n Naam, as 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei. En in die plek van ’n dissel sal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die Here, ’n blywende teken van sy mag en liefde.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Vir 'n doringboom sal 'n sipres opgaan; vir 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees tot 'n naam, tot 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie. |
| Afrikaans 1983 | In die plek van 'n doringbos sal daar 'n sipres opskiet, in die plek van 'n dissel sal daar 'n mirteboom opskiet. Dit sal tot eer van die Here wees, 'n blywende teken wat nooit vernietig sal word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die plek van doringstruike sal sipresse groei; in die plek van distels sal mirtebome opkom. Dit sal vir die Here tot roem wees; as 'n ewige teken, sal dit nie afgekap word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar sal sipresbome en mirtebome groei waar voorheen doringbosse en brandnetels was, en almal sal altyd weet dat die Here dit gedoen het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waar daar doringbosse was, sal daar sipresbome opkom. In die plek van onkruid sal daar mirtebome groei. Dit sal ’n teken wees van die grootheid van die Here. Niemand sal dit ooit kan ontken nie. |