Isaiah 55:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want julle sal uitgaan met blydskap en met vrede gelei word: berge en heuwels sal voor julle uitbreek in gejubel, en al die bome van die veld sal hande klap.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal juig en die bome in die veld sal hulle hande klap!
Afrikaans 1933/1953 Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap.
Afrikaans 1983 Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word; die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ja, met vreugde sal julle wegtrek, en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal voor julle in jubelkrete uitbreek, en al die bome van die veld sal hande klap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, julle sal bly wees wanneer julle uit Babel kom, julle sal vrede hê wanneer die Here julle terugbring. Die berge en die heuwels sal bly wees en juig, al die bome in die veld sal hande klap wanneer hulle sien julle kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal baie bly wees wanneer julle uit Babel weggaan. Ek sal julle in vrede laat weggaan. Die berge en die heuwels sal van vreugde sing as julle verbykom. Die bome in die veld sal hande klap van blydskap.