Isaiah 55:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ag, elkeen wat dors het, kom na die waters, en hy wat geen geld het nie; kom julle, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys wyn en melk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Almal wat dors is, kom na die water toe. Selfs al het jy geen geld nie, kom, koop en eet. Kom, koop wyn en melk sonder prys en geld. |
| Afrikaans 1933/1953 | o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk! |
| Afrikaans 1983 | Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Kom, almal wat dors is, kom na die water! En wie geen geld het nie, kom koop en eet! Kom koop sonder geld, sonder koste, wyn en melk! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Julle almal wat dors is, julle moet kom na die water. Julle wat nie geld het nie, julle moet kom koop en eet, julle moet wyn en melk kom koop, maar dit kos niks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat almal wat dors het, hier na die water toe kom. Ook dié wat nie geld het nie, kan kom. Kom koop en kom eet. Julle hoef selfs nie eens geld te hê nie. Kom kry wyn en melk verniet. |