Isaiah 54:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit is vir my soos die waters van Noag: want soos ek gesweer het dat die water van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie; so het ek gesweer dat ek nie op jou toornig sou wees en jou nie sou bestraf nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is soos in die tyd van Noag toe Ek belowe het dat die waters nooit weer die aarde sal oorstroom nie. So belowe Ek nou dat Ek nooit weer kwaad sal wees en jou straf nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. |
| Afrikaans 1983 | Soos met die waters van Noag is dit vir My: soos Ek met 'n eed bevestig het dat die waters van Noag nie weer die aarde sal oorstroom nie, so bevestig Ek met 'n eed dat Ek nie langer toornig op jou sal wees en jou sal straf nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Soos in die dae van Noag is hierdie tyd vir My: Ek het 'n eed afgelê dat die water van Noag nie weer die aarde sal oorstroom nie. Net so het Ek 'n eed afgelê om nie weer toornig te wees op jou en jou te dreig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dit is vir My soos die watervloed van Noag. Ek het belowe dat die water van Noag nie weer die aarde sal toemaak nie, en nou belowe Ek dat Ek nie sal aanhou om kwaad te wees vir jou nie. Ek belowe dat Ek nie sal aanhou raas met jou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het in Noag se tyd belowe dat Ek nooit weer ’n watervloed oor die aarde sal laat kom nie. Ek belowe nou net so dat Ek nie weer in woede teen jou sal uitbars en jou straf nie. |