Isaiah 54:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In 'n bietjie toorn het ek my aangesig vir 'n oomblik vir jou verberg; maar met ewige goedertierenheid sal Ek My oor jou ontferm, spreek die HERE jou Verlosser. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In ’n oomblik van woede het Ek vir ’n kort rukkie van jou weggekyk. Maar nou sal Ek jou vir altyd liefhê,” sê die Here, jou Redder. |
| Afrikaans 1933/1953 | In 'n uitstorting van toorn het Ek vir 'n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser. |
| Afrikaans 1983 | In 'n opwelling van toorn wou Ek 'n kort tydjie niks met jou te doen hê nie, maar Ek ontferm My oor jou met 'n liefde wat nooit vergaan nie, sê die Here, jou Verlosser. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In 'n opwelling van grimmigheid het Ek my gesig 'n oomblik lank vir jou verberg; maar in ewige troue liefde ontferm Ek My oor jou,” het jou losser, die Here, gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het kwaad geword en Ek wou jou 'n kort tydjie nie sien nie, maar Ek sal weer jammer wees vir jou en Ek sal altyd lief wees vir jou.” Dit sê die Here wat jou vrymaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In ’n oomblik van woede het Ek die rug vir jou gedraai. Ek vat jou egter terug met liefde wat nooit sal ophou nie. So sê die Here wat jou bevry. |