Isaiah 54:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE het jou geroep soos 'n verlate vrou en bedroef van gees, en 'n vrou van die jeug as jy geweier was, spreek jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die Here wat jou teruggeroep het van jou smart. Jy was soos ’n jong vrou wat deur haar man verstoot is,” sê jou God.
Afrikaans 1933/1953 Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.
Afrikaans 1983 Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sê jou God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, as 'n verstote, sielsongelukkige vrou, het die Here jou geroep. “Die vrou van 'n mens se jeug, sal sy verwerp word?” vra jou God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jerusalem, jou God sê: “Jy was soos 'n vrou, haar man wou haar nie meer hê nie. Toe Ek jou geroep het, was jy soos 'n vrou met wie 'n man getrou het toe hy nog jonk was, maar later het hy haar weggejaag. Jy was baie hartseer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy is soos ’n vrou wat weggejaag is en wat seergekry het, soos ’n jong vrou wat op die straat uitgegooi is. Maar die Here roep jou terug en Hy sê vir jou: