Isaiah 54:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want jou Maker is jou man; HERE van die leërskare is sy Naam; en jou Verlosser, die Heilige van Israel; Die God van die hele aarde sal Hy genoem word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jou Skepper sal ook jou man wees. Die Here, die Almagtige, is sy Naam. Die Heilige van Israel is jou Redder. Hy is die God van die hele wêreld! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. |
| Afrikaans 1983 | Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wêreld genoem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Hy wat met jou trou, is jou Maker; die Here, Heerser oor alle magte is sy Naam. Hy wat jou loskoop, is die Heilige van Israel. God van die hele wêreld word Hy genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Een wat jou gemaak het, is jou Man, sy Naam is Here wat oor alles regeer. Jou Bevryder is die Heilige God van Israel, sy Naam is God van die hele aarde.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat jou gemaak het, sal nou jou man wees. Sy Naam is die Here van die magtige leërmag. Die hoë God van Israel sal jou bevry. Hy word genoem die God van die hele aarde. |