Isaiah 54:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moenie vrees nie; want jy sal nie beskaamd staan nie, en staan nie beskaamd nie; want jy sal die skande van jou jeug vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie bang wees nie. Jy sal nie weer verneder word nie. Moenie bang wees vir die skande van voorheen nie. Jy sal die skande van jou jeug vergeet en ook die vernedering toe jy ’n weduwee was.
Afrikaans 1933/1953 Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.
Afrikaans 1983 Moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie, moenie so verleë daar staan nie, jy sal nie weer verneder word nie. Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet en nie meer dink hoe jy verneder is toe jy 'n weduwee was nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie bang wees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; moenie verneder voel nie, want jy sal nie verleë wees nie. Ja, die skande van jou jeug sal jy vergeet, en aan die gespot oor jou weduweeskap sal jy nie weer dink nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moenie bang wees nie, jy moenie dink jy beteken niks nie. Jy moenie skaam wees nie, want niemand sal jou weer verneder nie. Jy sal die tyd vergeet toe jy 'n jongmeisie was en toe jy 'n weduwee was, toe ander mense jou gespot het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie bang wees dat jy weer in die skande sal kom nie. Moenie huiwer omdat jy dink jy sal weer verneder word nie. Jy hoef nie weer terug te dink aan hoe jy in die skande gekom het toe jy jonk was nie. Jy kan nou maar vergeet hoe jy verneder is toe jy ’n weduwee geword het.