Isaiah 54:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vergroot die plek van jou tent, en laat hulle die gordyne van jou wonings uitspan;
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak jou woning groter. Span jou tent wyer, en moenie huiwer nie. Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in.
Afrikaans 1933/1953 Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.
Afrikaans 1983 Maak groter die plek vir jou tent, maak breër jou tentdoeke, moenie suinig daarmee werk nie. Maak langer die tentlyne en slaan die tentpenne dieper in,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak die plek vir jou tent groter, en die tentdoeke van jou wonings – laat dit oopgespan word; moet dit nie beperk nie! Maak jou tenttoue lank en jou tentpenne stewig!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet jou tent groter maak, jy moet die tentseile wyer maak, jy moet die toue langer maak, en jy moet jou tentpenne sterker maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak die tent waarin jy bly, nog groter vir hulle. Span nog meer seile. Maak die tenttoue langer. Kap die tentpenne verder weg in.