Isaiah 54:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geen wapen wat teen jou gesmee word, sal voorspoedig wees nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, moet jy veroordeel. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE, en hulle geregtigheid is uit My, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie. Elke aanklag teen jou sal jy weerlê. Dit is die erflating van die dienaars van die Here. Aan hulle laat Ek reg geskied,” verklaar die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Geen wapen wat teen jou gemaak word, sal suksesvol wees nie. Elke tong wat teen jou getuig in 'n regsgeding, sal jy skuldig verklaar. “Dit is die erfdeel van die Here se diensknegte; dit is hulle geregtigheid van my kant,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die wapens wat hulle maak om jou aan te val, sal niks kan doen nie, en jy sal wys dat elkeen wat jou vals beskuldig, self skuldig is. Dit sal Ek doen vir die mense wat My dien, Ek sal reg doen aan hulle.” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Geen wapen wat teen jou gebruik word, sal suksesvol wees nie. Iemand wat verkeerd teen jou getuig in die hof, sal vervolg word. Dit is hoe Ek hulle beskerm wat doen wat Ek van hulle vra. Ek laat hulle regverdig behandel, sê die Here. |