Isaiah 54:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek het die smid geskape wat die kole in die vuur blaas en wat 'n werktuig vir sy werk voortbring; en Ek het die verwoester geskep om te vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het ’n ambagsman gemaak wat die vuur aanblaas en wapens van vernietiging daarin maak. Net so het Ek die verwoester geskep om verwoesting te saai. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Âk het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Âk die verderwer geskape om te verniel. |
| Afrikaans 1983 | Dit is Ek wat die ambagsman geskep het, die ambagsman wat die vuur aanblaas en allerhande wapens daarin smee. Dit is Ek wat die verwoester geskep het om af te breek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Ek self het die smid geskep wat die gloeiende kole aanblaas en wapens lewer vir 'n bepaalde taak. Ek self het die verwoester geskep om verwoesting aan te rig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is Ek wat die ambagsmanne gemaak het, die ambagsmanne wat 'n houtskoolvuur warm blaas en wat wapens maak. Dit is Ek wat die mense gemaak het wat verwoes en afbreek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die bewerker van yster gemaak wat wapens in die vuur vervaardig. Ek het die soldate gemaak wat met daardie wapens oorlog maak. |