Isaiah 54:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, hulle sal sekerlik bymekaarkom, maar nie deur My nie; elkeen wat teen jou vergader, sal om jou ontwil val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As iemand jou aanval, sal dit nie Ek wees wat dit bewerk het nie. Wie jou aanval, sal die onderspit delf. |
| Afrikaans 1933/1953 | As hulle ook die aanval begin -- dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val. |
| Afrikaans 1983 | As iemand jou aanval, het Ek hom nie gestuur nie; wie jou aanval, sal die onderspit teen jou delf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, as iemand jou wel aanval – dit kom nie van My af nie. Wie ook al jou aanval, sal oor jou tot 'n val kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand jou aanval, dan sal dit nie Ek wees wat hom gestuur het nie. Iemand wat jou aanval, sal self val en verloor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand jou kom aanval, is dit nie omdat Ek dit wil hê nie. Wie ook al jou probeer aanval, gaan seerkry. |