Isaiah 54:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou vensters van agate maak en jou poorte van karbonkels en al jou rande van lieflike klippe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek bou jou torings van robyne, jou poorte van juwele, en jou stadsmuur van kosbare edelstene.
Afrikaans 1933/1953 en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou hele ringmuur van edelgesteentes.
Afrikaans 1983 Ek maak jou torings van robyne en jou poorte van smarag, jou hele stadsmuur van kosbare klip.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal jou borswerings van •chalcedoon maak, en jou poorte sal van •berilsteen wees. Jou hele grensmuur sal van kosbare edelstene wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek maak jou torings van robyne en jou poorte van smarag, Ek bou jou muur van edelstene.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal jou torings met robyne uitlê. Ek sal robyne in jou poorte inmessel. Ek sal edelstene teen jou mure vassit.