Isaiah 54:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O jy ellendige, deur die storm gedryf en nie getroos nie, kyk, Ek lê jou klippe met mooi kleure en lê jou fondamente met saffiere.
Afrikaans (NLV) 2011 “Stad wat verdruk is, gestriem deur storms, vir wie daar geen troos was nie, jou mure bou Ek met edelgesteentes, en jou fondamente van saffier.
Afrikaans 1933/1953 Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere;
Afrikaans 1983 Jy, verdrukte, bedreigde stad vir wie daar nie uitkoms was nie, Ek sal jou klippe vasmessel met goeie klei, Ek maak jou fondamente van saffiersteen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Magtelose, stormgeteisterde stad, wat nie getroos is nie – kyk, Ek gaan jou bouklip in blink klei lê, jou fondament met •lasuurstene bou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jerusalem, jy is 'n stad wat jouself nie kon help nie. Die stormwinde het oor jou gewaai, niemand het jou gehelp nie. Maar kyk, Ek bou jou klippe vas op mekaar met harde klei, Ek bou jou fondamente van saffier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Arme Jerusalem! Jy is deur storms geteister. Niemand het vir jou omgegee nie. Ek gaan jou met sierstene herbou. Ek gaan saffier in jou fondamente lê.