Isaiah 54:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sing, onvrugbare, jy wat nie gebaar het nie; breek uit in gejubel en roep hardop, jy wat nie swanger geword het nie, want die kinders van die verlate is meer as die kinders van die getroude vrou, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sing, kinderlose vrou wat nooit ’n kind voortgebring het nie. Sing hard en vrolik, juig van vreugde, al het jy nooit ’n kind gehad nie! Want die vrou wat nie kon kinders hê nie, sal nou meer kinders hê as getroude vroue,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE.
Afrikaans 1983 Jubel, onvrugbare vrou, jy wat geen kinders in die wêreld gebring het nie, jubel en juig, jy wat geen geboortepyne geken het nie, want jy, verstote vrou, gaan nou meer kinders hê as een wat getroud is, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jubel, onvrugbare vrou, wat nie geboorte geskenk het nie! Breek uit in jubelkrete, roep uit van blydskap, jy wat nie geboortepyne gehad het nie! Want die kinders van die eensame vrou sal meer wees as die kinders van die getroude vrou,” het die Here gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Jerusalem, jy is soos 'n vrou wat nie kinders kon kry nie, maar jy moet juig en baie bly wees, want jy wat alleen was, sal meer kinders hê as 'n getroude vrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê vir Jerusalem: Die vrou wat nooit kinders gehad het nie, moet juig. Die een wat nie kinders in die wêreld kon bring nie, moet van blydskap sing. Sy gaan nou selfs meer kinders hê as ’n getroude vrou.