Isaiah 53:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy graf by die goddelose gemaak en by die rykes in sy dood; omdat hy geen geweld gedoen het nie, en geen bedrog in sy mond was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het niks verkeerds gedoen nie, en het nooit enigiemand bedrieg nie. Tog is hy soos ’n misdadiger begrawe, in ’n ryke se graf neergelê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by 'n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het 'n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir hom sy graf by goddeloses gegee, en by 'n ryke was hy in sy dood, alhoewel hy nie geweld gepleeg het, en bedrog nie in sy mond was nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir hom 'n graf gereedgemaak by skuldige mense, en toe hy sterf, het hulle hom begrawe by mense wat ander mense se goed gevat het en ryk geword het. Maar hy het niemand seergemaak nie en hy het niemand bedrieg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is by misdadigers begrawe. Sy graf is tussen sondaars, al het hy hom nooit aan geweld skuldig gemaak nie, selfs nie eens leuens verkoop nie. |