Isaiah 53:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy is weggeneem uit die gevangenis en uit die oordeel; en wie sal sy geslag aankondig? want hy is uitgeroei uit die land van die lewendes; oor die oortreding van my volk is hy getref. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is verdruk, skuldig bevind, en weggelei na sy dood. Wie van sy mense het besef dat hy vir hulle sondes doodgemaak word? Dat hy eintlik in húlle plek gestraf word? |
| Afrikaans 1933/1953 | Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote -- wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná onderdrukking en 'n vonnis is hy weggeneem; en sy lot, wie dink daaroor na? Ja, hy is afgesny van die land van die lewendes; vanweë die oortreding van sy volk het die slae hom getref. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy was 'n gevangene, hulle het gesê hy is skuldig. Was iemand bekommerd oor hoe dit met hom sal gaan? Nee, niemand nie. Hulle het hom afgesny van die mense wat lewe, hulle het hom laat swaarkry omdat sy volk opstandig was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is gevonnis en uit die tronk weggevat om tereggestel te word. Wie het daaroor gedink dat hy doodgemaak kan word, dat hy ter wille van sy volk tereggestel kan word? |