Isaiah 53:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy is verdruk, en hy was ellendig, maar hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam word hy na die slag gebring, en soos 'n skaap stom is voor sy skeerders, so maak hy sy mond nie oop nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is geslaan en mishandel, maar hy het sy mond nie oopgemaak nie. Hy is soos ’n lam wat ter slagting gelei word. Soos ’n skaap stil is voor sy skeerders, so het ook hý sy mond nie oopgemaak nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders -- ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
Afrikaans 1983 Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is mishandel, maar hy het hom daaraan onderwerp en nie sy mond oopgemaak nie – soos 'n skaap wat ter slagting gebring word, soos 'n ooi wat voor haar skeerders stom is. Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het hom verdruk en seergemaak, maar hy het niks gesê nie. Hy was soos 'n skaap wanneer iemand hom wil slag of wanneer iemand sy wol afskeer, hy het stilgebly en niks gesê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is sleg behandel. Tog het hy nie ’n woord gesê nie. Hy was so mak soos ’n lammetjie wat weggevat word om geslag te word. Hy was so stil soos ’n skaap wat geskeer word.