Isaiah 53:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is hy verbrysel; die tugtiging van ons vrede was op hom; en deur sy wonde het ons genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes. Hy is gestraf sodat ons in vrede kan leef. Hy is geslaan sodat ons gesond kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. |
| Afrikaans 1983 | Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, dit is óns wat opstandig was, maar hulle het hóm met 'n spies gesteek. Dit is óns wat verkeerd gedoen het, maar hulle het hóm stukkend geslaan. Hy het die straf gekry sodat dit goed kan gaan met óns, hy het seergekry sodat óns gesond kan wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is gewond as gevolg van ons opstand teen God. Hy is doodgemaak omdat ons sonde gedoen het. Hy moes die prys betaal wat ons lewe kon herstel. Hy is stukkend geslaan sodat ons weer gesond kon word. |