Isaiah 53:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy word verag en deur die mense verwerp; 'n man van smarte en bekend met droefheid; en ons het as 't ware ons aangesig vir hom verberg; hy was verag, en ons het hom nie geag nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy was verag en verwerp deur mense, iemand wat leed en pyn geken het. Hy was soos iemand vir wie mense die gesig wegdraai, verag en ons het hom nie geag nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
Afrikaans 1983 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is verag, deur mense verlaat, 'n mens van smarte, bekend met siekte, soos iemand vir wie 'n mens jou gesig verberg. Hy is verag, en ons het hom nie geag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense het gedink hierdie man is nie belangrik nie en hulle wou hom nie sien nie. Hy het swaargekry en hy was altyd siek. Die mense het hulle gesig weggedraai, hulle wou nie na hom kyk nie. Die mense het gedink hy is nie belangrik nie, en ons het gedink hy beteken niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense het die rug vir hom gedraai. Hy het swaargekry. Hy het geweet wat lyding is. Mense het hom vermy. Ons het niks van hom gedink nie.