Isaiah 53:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy sal voor sy aangesig opgroei soos 'n sagte plant en soos 'n wortel uit 'n droë grond; en wanneer ons Hom sal sien, is daar geen skoonheid dat ons Hom sou begeer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My dienaar het gegroei soos ’n loot wat uitspruit in die teenwoordigheid van die Here, soos ’n plant wat groei in droë grond. Hy was nie mooi of koninklik sodat hy ons sou aantrek, of met ’n voorkoms dat ons van hom sou hou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. |
| Afrikaans 1983 | Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het soos 'n jong loot voor Hom opgegroei, soos 'n wortelstok uit droë grond. Hy het nie 'n gestalte gehad, geen glans, dat ons na hom sou kyk nie, nie 'n goeie voorkoms, dat ons hom sou begeer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie man was soos 'n plantjie wat begin groei het, soos 'n wortel wat in droë grond begin groei. Hy was soos 'n plantjie wat ons nie raaksien nie, 'n plantjie wat nie mooi is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy dienaar het onverwags na vore begin kom. Hy was soos ’n boomwortel wat dit regkry om in droë grond te groei. Daar was niks aan hom wat hom opvallend gemaak het nie. Daar was nie iets aan sy voorkoms wat vir ons mooi was nie. |