Isaiah 53:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dit het die HERE behaag om hom te verbrysel; hy het hom bedroef; as jy sy siel 'n sondeoffer bring, sal hy sy nageslag sien, hy sal sy dae verleng, en die welbehae van die HERE sal voorspoedig wees in sy hand.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar dit was die Here se wil om hom te vermorsel en te laat ly. Al het die Here sy lewe ’n skuldoffer gemaak, sal hy ’n groot nageslag kry en nog lank lewe. Die Here se plan sal as gevolg van Hom ontvou.
Afrikaans 1933/1953 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
Afrikaans 1983 Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Here het verkies om hom te verbrysel; Hy het hom siek gemaak. As sy lewe dien as 'n skuldoffer, sal hy 'n nageslag sien en lank leef. Wat die Here wil hê, sal deur sy hand suksesvol wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het besluit dat die dienaar moet seerkry en siek word. Die Here het gesê hy is 'n skuld-offer. Daarom sal hy lank lewe en 'n nageslag hê. Die Here sal sy dienaar gebruik om te doen wat die Here wil doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wou gehad het dat hy in ons plek geslaan moes word en in ons plek seerkry. Omdat hy homself aangebied het om ander se straf te dra, sal daar vir hom ’n nageslag wees. Sy naam sal nog lank bly lewe. Hy het gedoen wat die Here gedoen wou hê.