Isaiah 52:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Breek uit in blydskap, sing saam, julle puinhope van Jerusalem, want die HERE het sy volk vertroos, Hy het Jerusalem verlos.
Afrikaans (NLV) 2011 Die puinhope van Jerusalem moet sing van vreugde, want die Here het sy volk getroos. Hy het Jerusalem verlos.
Afrikaans 1933/1953 Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want die HERE het sy volk getroos, Jerusalem verlos.
Afrikaans 1983 Jubel en juig, puinhope van Jerusalem, want die Here het vir sy volk uitkoms gebring, Hy het Jerusalem verlos.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Breek saam uit in gejubel, puinhope van Jerusalem! Want die Here troos sy volk, Hy koop Jerusalem los.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Klippe van Jerusalem, julle moet bly wees, julle moet saam juig, want die Here laat dit weer goed gaan met sy volk. Hy het Jerusalem vrygemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die murasies van Jerusalem sal saam skreeu en met blydskap juig. Die Here het sy volk jammer gekry. Die Here maak Jerusalem weer vry.