Isaiah 52:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U wagte sal die stem verhef; met die stem saam sal hulle sing, want hulle sal oog tot oog sien as die HERE Sion terugbring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister! Die wagte roep hard, hulle sing van vreugde. Want voor hulle oë sien hulle hoe die Here terugkom na Sion toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die HERE terugkeer na Sion. |
| Afrikaans 1983 | Hoor, jou wagte roep hard, hulle jubel almal saam, want hulle sien dat die Here na Sion toe terugkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister na jou wagte, hulle roep uit, saam jubel hulle; want reg voor hulle oë aanskou hulle die terugkeer van die Here na Sion. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister, Sion, jou wagte skree, hulle juig almal, want hulle sien self dat die Here terugkom na jou toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die wagte wat op die mure van die stad waghou, sal hardop uitroep. Hulle sal almal saam van vreugde skreeu. Hulle sal voor hulle oë sien hoe die Here terugkom na Sion toe. |