Isaiah 52:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat goeie boodskap bring, wat vrede verkondig; wat goeie tyding bring, wat verlossing verkondig; wat vir Sion sê: Jou God is Koning! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe mooi klink die voetstappe op die berge van hulle wat goeie nuus bring en vrede en verlossing aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God regeer!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning! |
| Afrikaans 1983 | Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe lieflik op die berge is die voete van 'n boodskapper van vreugde, een wat vrede verkondig, wat 'n goeie boodskap bring, wat verlossing verkondig, wat vir Sion sê: “Jou God heers as koning!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar kom 'n boodskapper oor die berge. Dit is mooi om te sien hoe hy hardloop. Hy kom sê daar sal vrede wees. Hy bring goeie nuus, hy kom sê die Here sal sy volk red. Hy kom sê vir Sion: “Jou God is Koning.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal wonderlik wees wanneer iemand van die berge af die goeie nuus uitroep. Hy sal die wonderlike nuus bring van vrede en van bevryding. Hy sal vir Sion sê: “Jou God regeer!” |