Isaiah 52:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou dan, wat het Ek hier, spreek die HERE, dat my volk verniet weggeneem is? die wat oor hulle heers, laat hulle huil, spreek die HERE; en my Naam word gedurigdeur elke dag gelaster.
Afrikaans (NLV) 2011 “En nou, wat kry Ek nou hier?” vra die Here. “Wie het nou weer my volk sonder rede slawe gemaak? Dié wat oor hulle heers, spot met hulle,” sê die Here. “Hulle praat die hele dag sleg van My.
Afrikaans 1933/1953 Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die HERE; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die HERE, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.
Afrikaans 1983 En wat kry Ek nou hier in Babel? vra die Here. My volk is sonder rede weggevoer, hulle leiers huil, sê die Here. My Naam word gedurig belaster.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou, wat vind Ek hier?” is die uitspraak van die Here. “Want my volk is sonder rede weggeneem, sy heersers huil,” is die uitspraak van die Here, “en my Naam word voortdurend, daglank, verguis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou, wat sal Ek hier doen?” Die Here sê dit. “Vyande het my volk gevat, maar my volk het niks aan hulle gedoen nie. My volk se regeerders huil.” Die Here sê dit. “Die vyande hou die hele dag aan om sleg te praat van My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En wat gebeur nou? vra die Here. My volk is sommer net so weggevoer. Dié wat oor hulle regeer, spot met hulle en maak my Naam aanhoudend sleg.