Isaiah 52:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE: Julle het julle verniet verkoop; en julle sal sonder geld gelos word.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here: “Ek het niks vir julle gekry toe ek julle verkoop het nie. En nou kan ek julle terugkoop sonder geld.”
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Ek het julle verkoop, maar nie vir geld nie; julle sal losgekoop word, maar nie deur geld nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sê die Here: “Vir niks is julle verkoop, sonder geld sal julle losgekoop word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here sê: “Ek het julle verkoop, maar Ek het nie geld gekry nie. Ek sal julle vrymaak, maar Ek sal nie geld betaal nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: Toe julle weggevoer is, het Ek julle slawe laat word. Julle is gevange geneem en nie gekoop nie. Wanneer julle bevry word, sal dit ook nie wees omdat daar met geld vir julle betaal is nie.