Isaiah 52:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal hy baie nasies besprinkel; die konings sal hulle mond vir hom toehou; want wat hulle nie meegedeel is nie, sal hulle sien; en wat hulle nie gehoor het nie, sal hulle ag gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal baie volke en hulle konings rein maak, en konings sal sprakeloos voor hom wees. En hulle sal hoor wat hulle voorheen nog nooit gehoor het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | so sal Hy baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor Hom toehou; want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar. |
| Afrikaans 1983 | Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing. Konings sal sprakeloos wees oor hom, want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie, hulle sal iets te wete kom wat hulle nog nooit gehoor het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | net so sal hy baie nasies verbyster; konings sal oor hom swyg. Ja, hulle aan wie niks vertel is nie, sien; en wie nie gehoor het nie, begryp. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe het hy baie volke regop laat staan, hulle was verbaas, en konings het opgehou om hom te beskuldig, want hulle het dinge gesien, niemand het vir hulle daarvan vertel nie, hulle het dinge geweet wat niemand vir hulle gesê het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nogtans gaan baie nasies verstom staan oor wat hy kan doen. Konings gaan sprakeloos wees oor hom. Hulle gaan iets sien waarvan niemand hulle nog ooit vertel het nie. Hulle gaan iets beleef waarvan hulle selfs nog nie eens gehoor het nie. |