Isaiah 52:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want julle mag nie haastig uittrek en nie vlug nie; want die HERE sal voor julle uit trek; en die God van Israel sal jou loon wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal nie haastig padgee nie. Julle sal nie hardloop soos vlugtelinge nie. Die Here sal voor julle uittrek en die God van Israel sal julle van agter beskerm.
Afrikaans 1933/1953 Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want die HERE trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede.
Afrikaans 1983 Julle hoef nie haastig pad te gee nie, julle hoef nie soos vlugtelinge te vertrek nie: Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle mag egter nie oorhaastig wegtrek nie, nie op die vlug slaan nie; want die Here gaan voor julle uit; die God van Israel vorm julle agterhoede.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle daar weggaan, dan sal julle nie hardloop nie, julle sal nie vlug nie, want die Here sal julle lei, die God van Israel sal by julle wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle hoef nie halsoorkop pad te gee nie. Julle hoef ook nie soos destyds uit Egipte te vlug nie. Die Here self sal voor julle uitgaan. Hy sal julle van agter af beskerm.