Isaiah 52:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan weg, gaan weg, gaan daarvandaan weg, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit haar uit; Wees rein, julle wat die voorwerpe van die HERE dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee pad, gee pad! Trek weg uit Babel! Moenie wat onrein is, aanraak nie. Kom daar uit en sorg dat julle rein is, julle wat die tempelgereedskap van die Here dra.
Afrikaans 1933/1953 Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die HERE!
Afrikaans 1983 Gee pad, gee pad, kom uit uit Babel! Moenie aan iets raak wat onrein is nie. Kom uit daar! Sorg dat julle rein is, julle wat die tempelgereedskap dra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wyk uit! Wyk uit! Trek weg van daar af! Aan iets onreins moet julle nie raak nie. Trek weg uit haar midde! Hou julle rein, draers van die Here se tempelgereedskap!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gaan weg uit Babel, loop! Kom uit daardie land. Moenie raak aan daardie onrein plek nie. Julle wat die tempel-gereedskap van die Here dra, julle moet uitkom, julle moet rein bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee pad uit Babel uit. Kom weg daar. Moenie aan iets vat wat vir die Here onaanvaarbaar is nie. Dié wat die tempelgereedskap dra, moet hulle afsonder vir die Here. Hulle moet wegkom uit Babel uit.