Isaiah 52:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies; en al die eindes van die aarde sal die verlossing van onse God sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal sy heilige mag voor die volke se oë vertoon. Tot aan die uithoeke van die aarde sal hulle God se redding sien.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.
Afrikaans 1983 Die Here het sy heiligheid, sy mag, geopenbaar voor die oë van al die nasies. Tot aan die uithoeke van die aarde sal hulle die redding sien wat ons God bewerk het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here ontbloot sy heilige arm voor die oë van al die nasies. Al die uithoeke van die aarde ervaar die verlossing deur ons God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir al die volke gewys dat sy heilige arm sterk is. Al die mense op die aarde sal sien dat ons God ons red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wys vir al die nasies hoe geweldig sterk Hy is. Tot in die verste uithoeke van die aarde sien hulle hoe God ons uitred.