Isaiah 52:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ontwaak, wakker; beklee u met u sterkte, o Sion! Trek jou pragtige klere aan, o Jerusalem, heilige stad, want van nou af sal onbesnedenes en onreine nie meer in jou kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Word wakker, word wakker, Sion, beklee jou met krag! Trek jou mooiste klere aan, Jerusalem, heilige stad. Onbesnedenes en onrein mense sal nie meer in jou kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie.
Afrikaans 1983 Word wakker, word wakker, ruk jou reg, Sion. Trek mooi klere aan, Jerusalem, heilige stad! Mense wat nie besny is nie en mense wat onrein is, sal nie meer in jou kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Word wakker! Word wakker! Beklee jou met jou krag, Sion! Trek jou pragtige klere aan, Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal onbesnedenes en onreines nie langer kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sion, jy moet wakker word, jy moet wakker word, jy moet weer sterk wees. Jerusalem, gewyde stad, jy moet mooi klere aantrek, want mense wat nie besny is nie, mense wat onrein is, sal nie meer in jou kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Word wakker. Staan op, Sion. Berei jou voor. Maak jouself mooi, Jerusalem. Jy is die stad wat aan die Here behoort. Heidene wat nie aan die Here behoort nie, mag nooit weer in jou kom nie.