Isaiah 51:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ontwaak, ontwaak, beklee met sterkte, arm van die HERE! wakker, soos in die ou dae, in die geslagte van ouds. Is dit nie jy wat Ragab afgekap en die draak geslaan het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Word wakker! Word wakker, Here! Beklee Uself met mag, sterk arm van die Here! Word wakker soos vroeër soos in tye lank gelede. Is dit dan nie U wat Rahab aan stukke gekap het, die seemonster deurboor het nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie? |
| Afrikaans 1983 | Gryp in, Here, gryp in! Toon u mag, u krag! Gryp in soos in die ou tyd, soos in tye lank gelede. Is dit dan nie U wat vir Rahab verslaan het nie, wat die seemonster deurboor het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Word wakker, word wakker, beklee U met krag, arm van die Here! Word wakker, soos in die verre verlede, in die tyd van vergange geslagte! Is dit nie U wat Rahab aan stukke gekap het, die seemonster deurboor het nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet wakker word, U moet wakker word. U moet weer sterk wees. U moet wakker word soos in die tyd toe alles begin het, lank, lank gelede. Dit is U wat vir Rahab stukkend gekap het, dit is U wat vir Tannin doodgesteek het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Staan tog op, Here. Gryp in met u krag. Veg weer soos U in die ou tyd lank gelede geveg het. Dit was mos U wat die seemonster Rahab verslaan het. U het die seemonster vernietig. |