Isaiah 51:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die mot sal hulle eet soos 'n kleed, en die wurm sal hulle eet soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig wees en my heil van geslag tot geslag.
Afrikaans (NLV) 2011 Want vismotte sal hulle opvreet soos klere. Wurms sal hulle opvreet soos wol. Maar my regspraak sal wees vir altyd, my redding vir alle geslagte.”
Afrikaans 1933/1953 want die mot sal hulle opeet soos 'n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.
Afrikaans 1983 Hulle is soos lap wat deur motte gevreet word, soos wol wat deur vismotte verniel word. Maar die redding wat Ek bring, sal vir altyd wees, die verlossing wat Ek bewerk, sal daar wees vir elke geslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want soos 'n kleed sal motte hulle wegvreet; soos wol sal kleremotte hulle wegvreet. My geregtigheid sal vir altyd duur, my verlossing van geslag tot geslag.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal met hulle gaan soos met ou klere en wol wanneer motte dit vreet. Maar Ek sal altyd reg doen, en Ek sal mense red, die mense van elke geslag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal wees soos klere waaraan die motte vreet. Hulle is soos materiaal waarin daar vismotte is. Hulle hou nie vir altyd nie. Maar wat reg is, sal vir altyd hou. Wanneer Ek julle red, hou dit geslag op geslag.