Isaiah 51:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister na My, julle wat geregtigheid ken, die volk in wie se hart my wet is; Wees nie bevrees vir die smaad van die mense nie, en wees nie bevrees vir hulle beledigings nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister na My, julle wat weet wat reg is, julle wat my wette in julle harte het. Moenie bang wees vir mense wat met julle spot nie. Moenie skrik as hulle julle beledig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie; |
| Afrikaans 1983 | Luister na My, julle wat doen wat reg is, volk in wie se hart my wet is, moenie bang wees vir die spot van mense nie, moenie skrik as hulle julle beledig nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister na My, julle wat geregtigheid ken – volk met my wet in hulle harte! Moenie bang wees vir die bespotting deur mense nie; vir hulle beledigings moet julle nie skrik nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “My volk, julle weet wat reg is, julle weet wat Ek wil hê, julle moet luister na My. Julle moenie bang wees wanneer mense julle spot nie, julle moenie skrik wanneer mense sleg praat van julle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wat weet wat reg is, moet na My luister. Julle is mos ’n volk wat die wil van die Here met julle hele hart soek. Julle moenie bang wees vir mense wat julle spot nie. Julle moenie skrik as hulle julle slegsê nie. |